Tema: Daaglikse afhanklikheid
Goeie dag.
Emosie word grootliks beinvloed deur omstandighede. Mens kan nie altyd die omstandighede kies nie, maar wel kies hoe daarop reageer word. Dit is oorbekende woorde maar bly waar. Jou emosies speel n baie groot rol in jou gebeds lewe. In erge verdrukking vind sommige dit onmoontlik om te bid, die tee-pool geld ook; as dit te goed gaan is dit maklik om God te vergeet.
dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die Here? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie. SPREUKE 30:9 AFR53
Dit is goed vir die mens om altyd afhanklik van God te bly. Dit beteken dat daar in die gelowige se lewe, heeltyd n onperfekte omstandigheid moet wees wat nood bring. Dis noodsasklik om vreugde te vind, in jou afhanklikheid van God sodat vertroue in Hom is en nie in jouself of enige iets anders nie. Om te weet Hy is jou anker in hierdie en ewige lewe. Dan raak gebed n natuurlike uitvloei uit die hart , ongeag die gemoeds toestand. Daarom leer Hy ons om te bid vir daaglikse brood, vergewing van sonde en die res van die Onse Vader.
Genade en Vrede vir jou. David