Tema: eendragtige gebed
Goeie dag.
In die tradisie van die kerk het gesamentlike gebed n kragtige rol gespeel. Daar is n geweldige krag in eendragtige gesamentlike gebed. God het Nineveh die heidense stad gespaar van verwoesting omdat hul geluister het na die prediking van Jona die profeet.
En die manne van Ninevé het God geglo en ‘n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee. JONA 3:5 AFR53
Ook met die uitstorting vd Heilige Gees in Handelinge was die dissipels in n aksie van eendragtige gebed.
En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. HANDELINGE 2:1 AFR53
Die meeste van ons is het nog nie n belewenis van eendragtige gebed ervaar nie omdat dit kultuur vreemd geword het. Dit is n geleentheid waar baie mense gelyk hardop bid. Daar is n sagte dreuning van gebed.
Eendragtige is n eensgesind hart, n eenparige optrede. In gebed is die primêre fokus die koninkryk van God en Sy verheerliking, persoonlike begeertes het n laer prioriteit. Ongelukkig is sulke gebed gewoonlik die produkte van vervolging, verdrukking en swaarkry. Die tyd vir sulke gebeds tye sal kom soos ware dissipels al meer onder druk kom. Genade en Vrede vir jou. David