Tema: Fokus
Goeie dag.
Verhoudings is nooit maklik nie. Om suksesvol te werk vra n honderd present toewyding van beide kante. Alhoewel nie maklik nie is daar niks so vervullende soos n goeie verhouding nie. Daarvan getuig suksesvolle huwelike wat lewenslank duur. Een vd baie pilare vir so n verhouding is eerlike goeie kommunikasie.
Dit geld ook vir ons verhouding met die Here. Hy praat met ons deur Sy Woord en deur die persoon Heilige Gees. Dit is n dubbele kanaal wat dieselfde punt bevestig. Byvoorbeeld, ons beleef iets in ons gees, dan gaan toets ons dit aan die hand vd Woord. Of andersom, ons leer uit die Woord dan bevestig Heilige Gees dit in ons gees. As jou kommunikasie met die Here nie werk nie, verdwyn die begeerte om met Hom te praat in gebed.
Soos in n normale huwelik breek kommunikasie ook af as jy die ander persoon aanstoot gee. Tog so maklik om nie mooi te praat (selfs stemtoon) of nie na n persoon te kyk as daar gepraat word nie. n Groot sondebok is n selfoon, dwalende gedagtes of net besig wees. As jy n aanstoots gee kan jy nie eerlik of openhartig gesels nie. Daarom moet gelowiges dit wat aan die Here aanstoot gee verwyder om n sinvolle gesprek te voer. Selfs gebrek aan fokus, soos dwalende gedagtes.
asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. 2 KORINTIËRS 10:5 NLV
Om suksesvol te bid of die Woord te lees is totale fokus nodig. Dit vereis dissipline en die beoefening daarvan. Fokus, fokus, fokus.
Genade en Vrede vir jou. David