Tema: Katalis
Goeie dag.
Daar is geen groter aksie wat n mens kan implementeer, om sy eie lewe te verander as om te bid nie. Dit is n aksie wat beplan moet word in detail om in te pas tussen jou daaglikse take. Gebed is nie bedoel vir oorskiet tyd nie, dit moet n geskeduleerde prioriteit aksie wees. Op n tyd wat jy wakker, nugter en gefokus kan bid. Deur gebed skakel die mens by die hemele krag bron, God in. Dit is n vaste afspraak wat moet bestaan waar jy na God nader. Die Woord stel dit duidelik:
Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog. JAKOBUS 4:8-10 AFR53
Dit is baie harde woorde van JAKOBUS aan die gemeente. Hy spreek dit wat vir ons n kruk is in die lewe direk aan. Elkeen het onsuiwer goedjies, nie noodwendig erge sonde nie, maar vertroosting aksies. Daardie dingetjies wat ons een voet in die wêreld hou. Dit spreek van n dubbelhartigheid, dit maak dat ons onder die veroordeling staan wat ons van God skei. Dit maak dat ons as lou warm geklas word. Indien daar by n gedisiplineerde gebedslewe gehou word, verander die tye wat ons in Sy teenwoordigheid deurbring ons hele samestelling. Liggaam, siel en gees. Daardie tyd naby Hom is n die katalis van verandering. Dit is nie n makliker pad om n gedisiplineerde gebedslewe te lei nie. Dit is n daaglikse stryd om te begin en die bose gaan sy uiterste bes probeer om n spreek in die wiele van my en jou gebedslewe te steek. Wees sterk en veg, dit is vir niemand op aarde maklik om gebedslewe te handhaaf nie.
Genade en Vrede vir jou. David