Tema: Self ontdekking
Goeie dag.
Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. LUKAS 4:18-19 AFR53
Hierdie manjefieke belofte is vandag nog netso geldig soos toe Jesus dit aangekondig het. Die mens het toegang tot elke detail, elke aspek van hierdie belofte. Jesus nooi die mens om daarvan gebruik te maak.
Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. MATTHÉÜS 11:28 AFR53
Die vervulling daarvan is so vêr van jou af soos jou die grond van jou kniee is. In gebed realisieer elk aspek daarvan deur Jesus Christus.
HY genees van elke trauma, verwerping, mislukking, onbekwaamheid, verslawings en watter probleem waaraan jy kan dink. Dit is so hartseer dat baie mense nie Jesus n kans wil gee om hul seer te herstel nie. Die Woord stel dit duidelik dat Hy liefde gee en nooit n geknakte riet sal breek of n dowwe lamp sal uitblus nie. Dit is Sy wil dat elke mens die kosbare potensiaal in homself moet ontdek. Deur gebed kan elkeen sy volle lewe ontdek.
Genade en Vrede vir jou. David