Tema: Vaste vertroue
Goeie dag.
Die goeie sake in die lewe word so maklik vergeet en die slegte onthou (Shakespeare vry vertaling). Die mens word deur die nuus gekonditioneer om altyd op die negatiewe te fokus, min positiewe nuus kry aandag. Netso word maklik onthou van die paar gebede wat mens beleef as nie beantwoord nie. Ons vergeet dikwels die wolk van gebede wat beantwoord is. Dit kan die gevolg wees van waar jou fokus is. As die fokus beperk is tot die oomblik sal jou geloof en dade onstabiel wees. JAKOBUS draai nie doekies om oor vertroue in gebed en God nie:
Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie – so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë. JAKOBUS 1:6-8 AFR53
Toe die dissipels nog by Jesus was, jong bekeerlinge moes Hy hul geloof versterk. Nadat hul deur die vuur van beproewinge was, het hul geloofs helde geword. Na hul gevlug het na die kruisiging het Jesus hul weer bymekaar gemaak. Daar het hul n vaste besluit geneem om Jesus te volg ongeag die omstandighede.
Elke gelowige moet n persoonlike besluit neem on God te vertrou met sy huidige en ewige lewe. Dit vereis n besluit op n vaste vertroue en totale oorgawe aan Hom, met al jou swakhede en sterk punte. Dit gee n nuwe perspektief op jou gebede.
Genade en Vrede vir jou. David