Tema: Koper slang.
Goeie dag.
Die Here is lewend en verander nie, daarom is Sy Naam: Ek is.
En God sê vir Moses: Ek is wat Ek is. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: Ek is, het my na julle gestuur. EXODUS 3:14 AFR53
Hy verander nie, maar Sy manier van werking verander. Daarvan getuig n Ou Testament en n Nuwe Testament. Die fokus van Sy openbaring is dat die mens Hom moet volg en dien. Dikwels gebeur dit dat die mens Sy werking en werktuie aanbid en nie Homself nie. Een voorbeeld wat uitstaan is te tye van Hiskía se regering oor Juda is:
Hy het die hoogtes afgeskaf en die klippilare verbreek en die heilige boomstamme omgekap en die koperslang wat Moses gemaak het, stukkend gestamp, omdat die kinders van Israel tot op dié dae daarvoor offerrook laat opgaan het; en hy het dit Nehústan genoem. II KONINGS 18:4 AFR53
Hier word die slang aanbidding gelyk gestel aan die klip altare, hoogtes en boomstamme. Die koperslang, waardeer die Here redding gebring het in die woestyn, is aanbid en nie die Here nie. Hierdie misplaasde aanbidding is vandag die grootste probleem tussen gelowiges. Mense aanbidding is prominent id kerk van vandag. Daar word vasgeklou aan instansies, demoninasies, predikers en die eie ek. Gebede strek slegs tot die eie omgewing en belange. As mens n sirkel moet trek om die area waarvoor mens bid sal baie beskaam wees. Dit is daarom dat die Woord sê ons gebede word nie beantwoord nie, want dit gaan oor ons eie wêreld en nie om die koningkryk van God nie. Mag ons bid dat die Here die koperslang gesindheid uit elkeen verwyder en vervang met n koninkryk visie.
Genade en Vrede vir jou. David