Tema: Barometer.
Goeie dag.
Om in diens by n firma te wees vra van jou om elke dag aan te meld, nog meer om toegewyd jou werk te doen. As jy nie die nodige produktiwiteit handhaaf of arbeid verhoudings gesond hou nie nie, sal jy aangespreek en dissiplineer word. As mens aanspraak maak dat jy die Here dien geld soort gelyke vereistes. Ons lees in:
OPENBARING 3:15–16 AFR53
[15] Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! [16] Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.
Daar is niks verberg vir God nie, elke motief en gedagte ken Hy. Dus sal daar n regverdige oordeel oor elke mens gevel word. Wat skrikwekende is, is dat die mens n lou gelowige is daar nie kans op rehabilitasie is nie. Nie omdat die Here nie gewillig is nie, maar omdat so n mens in n staat van selfregverdiging is. Dit is soos n verdwaalde mens wat nie weet hy is verdwaal nie. N voorbeeld uit die Woord is die gelykenis:
LUKAS 18:11–12 AFR53
[11] En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie — rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. [12] Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.
Daardie Fariseer was so oortuig van sy reregtigheid dat niks hom van sy verlorenheid kon oortuig nie.
Gebed is n voorvereiste om, en n kenmerk van, n kind van die Here. Dit is deel van jou diens, nie net terwille van ander nie maar ook terwille van geestelike oorlewing. Dit is n harde barometer van jou verhouding met Hom. Let wel God verwag warm, Hy verwag nie die onmoontlik nie.
Genade en Vrede vir jou. David