Tema: Emosie.
Goeie dag.
Emosie is n baie sterk dryfveer in die lewe. Ons is in die laaste paar dae blootgestel aan die ekstreme wandade van haat teenoor Israel. Maar liefde is baie sterker as haat en oorwin die bose. In liefde is rede, orde, krag, regeregtigheid. Liefde maak sat jy deur n vuur sal loop vir jou broer.
Liefde vir Die Here maak dat mens onder ander, in die nag opstaan vir gebed, vas ens. n Mens wat lief het is ekstreme, daar is niks gematig daarin nie. As ons in die lewens kyk van die gelowiges sien ons n vuur daarin brand, hul lewe n vurig lewe. N lewe vol energie, hul strewe tot geregtigheid, heiligheid, en arbeid asof vir God, in hul verhoudings met ander. Ek wil veral hul gebeds lewe uitlig. Ons sien koning Dawid wat voor die ark dans in gebed, sodanig dat sy klere afval.
Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. JAKOBUS 5:16 AFR53
Ons is so gewoond aan waardige gebede met n mooi stem dat as iemand vurig begin bid ons amper weg hardloop. Om vurig te bid is die beste in jou binnekamer, geen toeskouers, net jy en die Here. Geen kritiek, geen terug hou, geen vertoon, net jou ware emosies oor n saak.
Mag elkeen bevry word van die kulturele en godsdienstig bande wat ons bind om in vryheid van emosie na God te bid. Sonder Emosie is dit onmoontlik om in die gees te bid.
Genade en Vrede vir jou. David