Tema: Geloof sekerheid.
Goeie dag.
Geloofsekerheid staan op meer as een pilaar.
Daar is eerstens die onontbeerlike pilaar van geloof.
HEBREËRS 11:6 AFR53
[6] En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.
N Tweede pilaar is die van werke:
JAKOBUS 2:26 AFR53
[26] Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
N derde pilaar is die van die Gees:
GALÁSIËRS 5:25 AFR53
As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
Hierdie drie kom saam in een manefistasie (gebeurtenis, aksie,..) naamlik gebed. In gebed nader ons tot God, sodat Hy tot ons kan nader. In gebed bring Heilige Gees jou diepste harts geheime tot God. In gebed is lofprysinge. In gebed is verootmoediging. In gebed is smeking. In gebed is danksegging. In gebed is intersessie. In gebed is bevestiging van jou kindskap. In gebed is oorwinning. In gebed is direkte kommunikasie met God. Hoe kan dit dan anders as om opgewonde oor gebed te raak. Daarom kan die Woord sê : bid sonder ophou.
Alle groot oorwinning het gekom gedurende en na gebed. Jesus in Gethsemane, Moses, Daniel, Paulus…., voorbeelde sonder tal. As jy gebed so beleef het jy geloofsekerheid. Hebreers 11 spreek van geloofshelde, mense met geloofsekerheid. Hul geloofsekerheid was nie op hoorsê gegrond nie maar op belewenis. Gebed bring God belewenisse. My bede is dat elke kind van God n bidder sal wees, kragtig in die Here.
Genade en Vrede vir jou. David