Tema: Geskiedenis.
Goeie dag.
Die vername gebede van die Woord het almal n sentrale gedeelde goue draad of tema. Dit is die erkenning van mag en die rol van God dwarsdeur die geskiedenis van die uitverkore volk; Israel. Dit is sigbaar in die Lied van Moses (Deut 32 ), die laaste woorde van Josua (Joshua 23,25), die gebed van Dawid (1 Kron 29:10-20), die gebed van Salomo met wyding van tempel…. .
Soos die groot verhale van volke in die Woord, het elke mens n unieke verhaal in die lewe. Nie net jou unieke persoonlike lewe nie maar ook n unieke geestelike lewe.
Koning Dawid skryf in Ps 139:
PSALMS 139:1–2 AFR53
[1] Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. Here, U deurgrond en ken my. [2] U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.
[13] Want Ú het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. [14] Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. [15] My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
Hoe kan ons nie anders as om deur ons eie lewenspad te stap en God te loof vir Sy unieke werk in ons eie lewens geskiedenis nie. Dit vra dat ons sal stil staan en stil word voor Hom om kan terug te kyk. Dit sal ons met dankbaar en lof vir Hom vul. Wat ook jou situasie is, God is in beheer van jou lewe as jy so kies.
Genade en Vrede vir jou. David