Tema: Hiskía.
Goeie dag.
Uit koning Hiskía se lewens verhaal sien ons twee groot gebeds gebeure. Hiskía was een van die beter konings van Juda en het groot positiewe hervormings gebring. In Sy tyd is Israel weggevoer:
Maar in die vierde jaar van koning Hiskía — dit was die sewende jaar van Hoséa, die seun van Ela, die koning van Israel — het Salmanéser, die koning van Assirië, teen Samaría opgetrek en dit beleër; II KONINGS 18:9 AFR53
Juda was volgende op sy lys.
Die geskiedenis daarvan kan in 2 Konings 18…. gelees word. Terloops Hiskía het 25 jaar reageer.
Maar in die veertiende jaar van koning Hiskía het Sánherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower. II KONINGS 18:13 AFR53
Die koning het na Jerusalem opgetrek en met baie ander gebeure, ook n dreigbrief aan Hiskía gerig. Anders as Hosea die koning van Israel het Hiskía die Here gedien. Daarom kon hy die volgende doen:
En toe Hiskía die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die Here; en Hiskía het dit voor die aangesig van die Here uitgesprei. II KONINGS 19:14 AFR53
Hiskía het in eenvoud na die Here gegaan en die brief voor hom oopgesprei. Wat daarvan vir praktiese geloof. Ons kan verder lees hoe die Here die Assiriers en die koning vernietig het. Honderd vyf en tagtig duisend man in een nag.
Ons dien n vreesaanjaende Here met n sagte hart vir Sy kinders. Sy kinders kan soos Hiskía al hul probleme voor Hom lê. As dit vir Hiskía gewerk het, mag dit ook vir ons werk. Die sleutel daarin is waarskynlik die gesindheid waarin ons na die Here gaan.
Genade en Vrede vir jou. David