Tema: Hou moed.
Goeie dag.
Iemand wat nie bewus is, van die moeilike tyd wat tans id wêreld is nie, is in n toestand van bewusteloosheid. Daar is nie salf aan sulkes te smeer nie want Rome brand en hul speel op hul harpe, spreekwoordelik gewys. As hul nog gelowiges is, is dit veel erger, want dit is n tyd om wakker te wees en te bid dat God se wil moet geskied. Soos Jesus vir gelowiges ingetree het in gebed moet gelowiges mekaar dra in tye ven beproewing.
JOHANNES 17:9 AFR53
[9] Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
[11] En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
JOHANNES 17:20 AFR53
[20] Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo —
As Jesus dit goed gedink het om vir ons te bid, hoeveel te meer moet ons ook vir mekaar bid. Dikwels staan mens soggens op vir gebed, net om te beleef dat jy nie kan deur breek in gebed nie. Die weerstand in die gees is net te groot. Dit is sulke tye wanneer ander se gebede jouself deur dra. Ander bid dan vir jou al weet jy dit nie. Dit is so wonderlik dat daar dan later deubrake kom en Heilige Gees jou versterk. Ons vind hierdie gebeure beskryf in die boek Daniel. Hy het vir drie weke gebid voordat die Engel kon deur breek om sy gebed te beantwoord.
DANIËL 10:12–13 AFR53
[12] Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom; [13] maar die vors van die koninkryk van die Perse het een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help;….
Elkeen kan uit hierdie stukkie geskiedenis moed vat om aan te hou bid. God hoor jou en sal jou antwoord. Bly net getrou bid.
Genade en Vrede vir jou. David