Tema: Kennis.
Goeie dag.
Die idioom; jy kan nie bloed uit n klip tap nie, spreek van verwagting en beperkings. Dikwels klas ons mense op hul voorkoms maar verander dikwels van opinie sodra ons hul leer ken. Soortgelyke het ons elkeen n opinie van die Here en wat Hy is. Ons persepsie van Hom word grootliks bepaal deur ons opvoeding en ondervindings wêreld. Daarom plaas ons ook beperkings op wat die Here kan doen op grond van ons menslikheid. Die Woord beskryf dit as ongeloof. Die lig breek eers deur as ons kennis van God leer.
Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, II PETRUS 1:3 AFR53
Namate ons kennis van die Here toe neem, versterk ons geloof en breek die beperkings wat ons op Hom plaas in ons eie lewe. Dit is dan wat gebed ook effektief word want ons bid in geloof tot Hom wat die Almagtige is.
Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met ‘n span die maat geneem, en in ‘n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met ‘n weegtoestel en die heuwels met ‘n weegskaal? JESAJA 40:12 AFR53
Lees gerus die res vd hoofstuk en kyk wie die Here is.
Genade en Vrede vir jou. David