Tema: Kom na Jesus.
Goeie dag.
Dikwels is n mens verstom oor die voorspoed wat binne families is, in strak kontras wat in ander families gebeur. Dit is net asof deure en geleenthede opgaan vir een groep en die ander groep net teenspoed beleef. Dit is asof daar net n seën op n familie rus. Dalk is die geheim op gesluit in die volgende woorde van Hosea:
HOSÉA 10:12 AFR53
[12] Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ‘n braakland, want dit is tyd om die Here te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.
I KRONIEKE 16:11 AFR53
[11] Vra na die Here en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
Die Woord gee bogenoemde goeie raad:
1. Om te saai volgens God se geregtigheid,
2. Om te maai in ooreenstemming met liefde (nie vergryp ten koste van ander nie )
3. Braak vir jou n braakland (harde werk)
4. Soek die Here todat Hy in geregtigheid, oor jul laat reën (aan houer wen) .
5. Vra na die Here (Woord en gebed)
6. Soek Sy aangesig altyd deur (Vasting en gebed).
Dit is alles aktiwiteite wat die mens moet doen, God doen dit nie vir jou nie. Jou taak. God nooi jou en gee jou raad. Hy nooi jou om uit jou gemak stoel in die lewe te klim en na Hom te nader. Hy is God en jy is n verlore siel wat genade sal ontvang as jy gehoorsaam is aan Sy raad. Koning en Almagtige teenoor verlore ellendig siel.
My bede is dat die vreese van die Here ons sal nader trek na Hom toe en nie in wanhoop laat nie. My bede is dat elkeen erns sal maak met sy verhouding met God volgens Sy voorskrifte en gesag, soos in die gelykenis van die verlore seun.
Genade en Vrede vir jou. David