Tema: Lafenis.
Goeie dag.
Dit was vandag weer n hitte golf in ons area. Al wat n mens soek is n lafenis na die dag se werk in die buitelug . Soos die nag toesak kom sal daar n koeligheid kom. Dikwels, in die meerderheid van dae soek ons ook n lafenis in ons lewens wandel. Ons raak met regte moeg van harde onophoudelike werksaamhede, beroep, gesin, sosiaal ens. Dit is dan wanneer stil word n nuwe betekenis kry. Die afskakel word so mooi verduidelik in:
FILIPPENSE 4:6–7 AFR53
[6] Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. [7] En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Die rus en vrede kom as jy n slag terugsit en net jou laste op die Here aflaai. Dit is nie intense energieke gebed nie, nee dit is net n sug uit jou diepste wese na God. Hy is die bron van ons vrede in n dol wêreld. Omdat Hy in ons harte is verstaan Hy jou emosies en versugtinge, Hy dra ons as ons nie meer kan. Hy gee ons n lafenis van al ons laaste, Hy gee rus en vrede.
Genade en Vrede vir jou. David