Tema: Luister.
Goeie dag.
Die moeilikste deel van n nuwe taal aanleer is nie die woorde skat nie, maar om die taal te hoor. Om die verskillende woorde in n sin wat gepraat word te kan identifiseer. Dit vat baie oefen vir jou brein om tot op dié vlak te kom.
Om die stem van Heilige Gees te hoor, in iets waarna jy luister, is net so moeilik. Daarom vind ons in Gideon se verhaal dat hy konkrete getuie wou gehad het van dit wat die engel aan hom gesê het (Rigters 6). Vandag het ons HG en die Woord vir bevestiging van dit wat ons in die gees hoor.
Jesus het HG gestuur om Sy kinders te leer en te lei op aarde. Ons lees:
JESAJA 30:21 AFR53
[21] en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
LUKAS 12:12 AFR53
[12] want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.
Dit is noodsaaklik om die stem van HG te bly hoor soos op die dag van jou bekering. Daardie dag het HG met jou gepraat en jy het reageer. Gebed is die plek waar jy, jou in oefen om Hom te hoor. Ek weet dat dat, met seker tye van gebed, daar mense is wat self net luister na wat hul bid. Dan bid HG deur jou met jou eie mond. Die mens moet die klank van HG leer erken. Daar is n verwysing daarna in:
PSALMS 89:16 AFR53
[16] Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o Here, hulle wandel in die lig van u aangesig.
Psalms 89:16 AFR20
[16] Gelukkig is die volk wat uitroepe van vreugde ken, wat in die lig van u teenwoordigheid loop, Here!
My bede is dat elkeen se gebeds lewe so sal groei, dat dit op n punt kom waar HG deur jou bid. Dat jy die stroom van lewende water uit jy binneste sal beleef. Mag jy Sy stem helder en duidelik hoor.
Genade en Vrede vir jou. David