Tema: Offers.
Goeie dag.
As gelowiges die Woord offers hoor, kom die OT offers onwillekeurig in jou die gedagtes op. Slagoffers, graan offers, drank offers, reuk offers ens. Tog in die NT staan dat die tyd van offers nie verby is nie. So was Jesus die volmaakte sonde offer wat net een keer nodig was om die hele wêreld se sondes te dra. Deur Sy bloed, is ons wat in Hom is, se sonde vergewe.
Die tyd van offers is nie verby nie:
ROMEINE 12:1 AFR53
[1] EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.
I PETRUS 2:5 AFR53
[5] en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.
Een van die plekke waar jy n offer voor God is is in jou gebeds lewe. Daarin kan jy n beweeg offer wees, wat voor die Here se aangesig beweeg in gebed, loop, wieg, kruip, rol, dans; in watter vorm van beweging ook al.
Jy kan ook soos Paulus uitgegiet word soos n drank offer. N drank offer bring n aangename geur, soos wyn wat net uitloop as dit op n oppervlak gegooi word, plat op die oppervlak. N graan offer is gebraai in n pan en het n aangename reuk gegee. Dit kan gesien word as jou hulp roep tot God in uiters moeilike tye. Vir God is jou hulp roep n aangename geur, omdat Hy jou getrouheid en vertroue in jou beproewing sien en daardeur geëer word. Ander keer word God geëer deur dat hul hul hande in die lug opsteek in aanbidding. Sang as gebed is ook nie ongewoon nie, dink maar aan die lied Onse Vader wat in die hemel is……
Gebed hoef nie in n passiewe verbale vorm te wees nie, dit hou groot seën en krag in om aktief te bid. In aktiwiteit kom vurigheid, wat groot krag inhou. Mag jou gebedlewe n toonbeeld van energieke aanbidding wees.
Genade en Vrede vir jou. David