Tema: Onsigbare Intersessor.
Goeie dag.
Dit is baie dikwels moeilik om in woorde te stel hoe jy voel. Dit is asof woorde kortkom om dit wat in jou hart is uit te druk. Almal ken daardie intense gevoel van verlange, na wie weet wat, wat soms in jou hart opkom.
Koning Dawid verwoord dit so mooi in :
PSALMS 42:2–3 AFR53
[2] Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! [3] My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
Hy besef dit is n uitroep van die gees van die mens, na die gees van God. Die sondeval het n skeiding tussen God en die mens gebring. Daardie kommunikasie tussen God en die mens word herstel met die weergeboorte, wanneer die mens weer die Heilige Gees ontvang. Wanneer ons dan in die gees bid, nie met die verstand nie, vind n bonatuurlike gebeurtenis plaas:
ROMEINE 8:26–27 AFR53
[26] En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. [27] En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
Wat n besondere voorreg dat my en jou spesifieke en unieke behoeftes aan God gestel word ooreenkomstig Sy volmaakte wil. Deurdat HG vir jou intree, in jou teenwoordigheid by God. Daar is geen druk op die mens nie, die kan net rustig bid en weet HG bring die regte versoek by God. Wat n besondere hemele voorreg. Om hierdie voorreg te beleef vra net dat ons getrou tyd in ons binne kamer met God spandeer. Geniet dit.
Genade en Vrede vir jou. David