Tema: Rus.
Goeie dag.
Almal ken iewers iemand wat emosioneel of fisies uitgebrand het. Dit is die vloek van ons lewens era dat mense totaal uitgeput raak agv druk en werk. In Jesus se tyd was dit nie noodwendig anders nie daarom reik hy uit met die woorde:
MATTHÉÜS 11:28–29 AFR53
[28] Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. [29] Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
Jesus se lewe was n lewe van gebed. Daarom het Hy krag gehad om die vrou met bloedvloeing te genees toe sy hom aanraak. In Sy teenwoordigheid raak Hy ons aan en verkwik ons siele. Hier belowe Hy rus vir ons siele. In Sy teenwoordigheid kan ons die saligheidsrus in gaan. Dawid beleef dit in Ps 23……na waters waar rus is lei U my heen. U berei die tafel voor my aangesig… my beker loop oor.
Die lied lei ;
buig dankbaar in aanbidding, buig dankbaar in aanbidding voor Christus die Here.
Die priester like seën lei:
NÚMERI 6:25–26 AFR53
[25] die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; [26] die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Hoe heerlik is dit, om in Sy teenwoordigheid te kom as ons in aanbidding tot Hom nader. Hy hoor elkeen se nood roep al wil die bose jou die teendeel preek. Deur Sy bloed kan ons tot die troon van genade nader, wat n wonderlike voorreg. Hou moed en soek Hom.
Genade en Vrede vir jou. David