Tema: Slap roomys.
Goeie dag
N draai roomys is altyd n wenner op n warm dag. Behalwe as dit slap is en oor jou hand loop of op die grond val. Dit help as daar n flake sjokelade in die middel is om dit ruggraat te gee en regop te hou.
Netso het gebed n ruggraat wat voorgeskryf is om dit sterk te maak. Die ruggraat van gebed is die koninkryk van God. In Mat 6 staan:
MATTHÉÜS 6:9–10 AFR53
[9] Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; [10] laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
Gebed se eerste prioriteit is koninkryk gerig.
Die standpunt word herhaal in vers 33 :
MATTHÉÜS 6:33 AFR53
[33] Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Die fokus is eerstens koninkryk, en dan al die ander behoeftes wat die mens nodig het. Dit vra n verandering in denke vanaf eie belang na dit wat die koninkryk sal bevorder. Wat is dan die koninkryk? Die koninkryk word gebou deur die evangelie van Jesus Christus. Die koninkryk se mense is die wat deur Hom gered en weergebore is. Sy koninkryk is nie aardse nie, maar ewig en hemel. In die relaas van Joh 17 en 18 antwoord Jesus Pilatus:
JOHANNES 18:36 AFR53
[36] Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.
Weergebore kinders van die Here is nie deel van die wêreld nie, maar het ewige hemele burgerskap. Daarom is hul gebedslewe nie aards en self gerig nie maar koninkryk gerig. Dit gee krag in hul gebeds lewe.
Genade en Vrede vir jou. David