Tema: Steun
Goeie dag.
Daar kom tye wanneer selfs gelowiges platgeslaan word deur die omstandighede. Paulus beskryf in 2 Kor 1 van sulke omstandighede waarin hul verkeer het. Lees gerus om die agter grond te kry.
II KORINTHIËRS 1:10–11 AFR53
[10] wat ons verlos het uit so ‘n groot doodsgevaar en nog verlos; op wie ons hoop dat Hy ook nog sal verlos, [11] terwyl julle ook vir ons saamwerk deur die gebed, sodat daar vir die genadegawe aan ons deur baie persone op baie maniere vir ons gedank mag word.
Die Engel se vertaling verduidelik dit makliker:
2 Corinthians 1:11 NLT
[11] And you are helping us by praying for us. Then many people will give thanks because God has graciously answered so many prayers for our safety.
Hul was in n posisie waar menslike gesproke geen redding meer moontlik was nie. Tog het hul in hul harte bly hoop op God. Wat interresant is dat Paulus die gebede van die heiliges uitsonder as dit wat hul help red het.
In my eie lewe was daar al tye wat ander se gebede, my help deur dra het, omdat ek nie in staat was om op eie krag voor te gaan nie. Ek is seker jy het dit ook al beleef. Dikwels bring HG mense onverwags op in jou gedagtes waarvoor jy moet bid. Jou gebede kan help om hul deur te trek in hul omstandighede. Baie van ons is bekend met Jesus se woorde aan Petrus :
LUKAS 22:31-32 AFR53
[31] EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. [32] Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
Laat ons hieruit leer om vir mekaar te bid. Gelowiges is deel van n liggaam wat mekaar moet ondersteun.
Genade en Vrede vir jou. David
ROMEINE 15:13 AFR53
[13] En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!