Tema: Terminaal siek.
Goeie dag.
Met vandag se gevordere medikasie is daar baie pasiente wat sinvolle lewens lei ten spyte van hul terminale siekte. Dank die Here daarvoor. Indien die medikasie nie meer beskikbaar is nie volg spoedige afsterwe.
Dieselfde situasie kom in die liggaam van Christus voor. Gelowiges kan n gesond geloofs lewe beoefen deur gebed en verhouding met die Here. Die anderkant is n godsdienstig lewe wat hoofsaaklik bestaan uit kerk bywoning. Beide het n voorkoms van lewe, maar laasgenoemde is terminaal.
In n verhoudings geloof, praat n persoon gedurig deur in gebed met die Here. Die Here praat terug deur die Heilige Gees wat in die gees vd mens spreek deur die Woord, direk in hul gees, in situasies of selfs deur die gawes.
Om Heilige Gees te hoor moet die mens ingestel wees op Hom, met jou geestes ore en jou sintuie. Om op die stem vd HG in gestel te wees, is in die NT net moontlik deur gebed, waar in die OT die Here direk met sommige gepraat het.
Jesus is die middelaar tussen God en die mens. Jesus het die Heilig Gees gestuur om mense te leer en te lei. In die NT is daar geen ander manier waarmee God met die mens praat nie, alles kom deur Heilige Gees. Die mens kan selfs nie eers die Woord verstaan as sy oë nie geopende word nie.
Mag elkeen n ervarings lewe met die Here beleef.
Genade en Vrede vir jou. David