Tema: Verberg.
Goeie dag.
Die grootste voorreg denkbaar is om die stem vd Here te hoor. Adam en Eva het met God gekuier en gewandel in die Tuin, wat n belewenis. Mens kan dit nie in dink nie, en die begeerte daartoe dryf gelowiges tot die gewilligheid om alles prys te gee daarvoor. Dank die Vader dat Jesus die verhouding kom herstel het. In Hom is daar geen veroordeling nie.
ROMEINE 8:1 AFR53
[1] DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Om na die Gees te wandel vra gehoorsaamheid. Dikwels praat die Here met die mens, maar hul is ongehoorsaam. Dwarsdeur die OT is voorbeeld van seën wat volg op gehoorsaamheid. Ons sien dit in die lewensverhale van al die konings van Juda en Israel. Beloftes se vervulling se voorwaarde is gehoorsaamheid. As jy aanhoudend sondig sal die Here Sy Gees van jou ontrek.
Koning David se sonde oor Batseba was moord, owerspel, sameswering ens, n hele rits sondes, nie net n enkel sonde nie. Hy bid, Here neem nie u Gees van my weg nie. As jou probleem vir jou te groot is roep maar net om hulp, Hy sal jou uit help.
Sonde maak skeiding tussen God en mens. Geen lofprysinge, offerhandes, diens werk of wat ook al, kan opmaak vir gehoorsaamheid nie. Mens is geneig om die Heilge Gees te weerstaan, ander Woord vir ongehoorsaamheid , as Sy Woord nie byval vind met jou manier van dink en sien nie. Dit lei tot n maerte in jou siel.
My bede is dat elkeen se ore sal opgaan om die leiding vd Heilige Gees te hoor en daarop te reageer. Menslike denke is so dwaas, jaag wysheid na.
Genade en Vrede vir jou. David