Tema: Verskillend.
Goeie dag.
Elke mens het n unieke geaardheid, liggaam, gawes, persoonlikheid, ens. Hoe kan daar dan n gemeenskaplike maatstaf wees of n mens suksesvol is of nie. Jou suksesse kan in my oë n mislukking wees, netso kan dit wat ek as n sukses beleef in jou oë n mislukking wees.
Die boek Spreuke stel dit so mooi:
SPREUKE 20:24 AFR53
[24] Die voetstappe van ‘n man hang van die Here af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?
Dit is die Here wat jou paaie rig en jou begeertes tot die goeie rig. Meer dikwels verstaan ons nie ons eie lewenspad nie, dit is so anders as wat ons verwag het. Kinders vd Here se lewens pad is gewoonlik n aangename verrasing vir hulself. Baie beter as wat hul ooit kon dink. Hierdie beginsel geld ook vir ons geestelike lewe. Elkeen dien die Here op sy unieke wyse, binne die riglyne vd Woord. Ons verstaan die Woord verskillend, ons bid verskillend, ons aanbidding is verskillend, ens.
Ons doen onsself n baie groot onguns aan as ons staties raak in ons denke. Paulus lig sy frustrasie met die Korinte:
I KORINTHIËRS 3:2 AFR53
[2] Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,
Deel van geestelike volwassenheid is om te weet dat groei n prioriteit is, met die besef dat ons Verskillend is.
Genade en Vrede vir jou. David