Tema: Vryheid.
Goeie dag.
II KORINTHIËRS 3:17 AFR53
[17] Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
Die implikasies, gevolge, relevansie, ens van hierdie Skrif en ondersteunende Skrifte is omvang ryk. Chritus stel dit duidelik dat Sy juk is sag en Hy is nederig van hart. As die godsdiens wat jy volg pyn, lyding, selfverwyt of enige ander negatiewe gevolg het, anders dan vervolging dan is ek van mening jy slaan die bal mis daarmee. Ware godsdiens word se gevolg word in die Woord duidelik gestel. Bevryding, reiniging, liefdesdade, ens wat alles opbouende aksies is. Selfs gebed is nie n verpligtinge nie, maar n aksie wat verwonder stel is om jou met lewende water, Gees, te vul. Dit vul met vreugde, energie, reinheid, maak vry, maak gesond, bring n helder verstand (wysheid) en nog baie meer.
Die swaarste aksie vir enige mens is om die eie ek te laat gaan. Ons sal eerder soos die baal priesters van ouds ons self opkerf met messe om ons self te regverdig as om na Christus te kyk. Net in Hom is vryheid, daar is geen ander vryheid nie. N boom word aan sy vrugte geken, waarvan spreek die vrugte in jou invloedsfeer. Ek vertrou dat liefde die kenmerk daarvan sal wees, n uitvloeing van God se reregtigheid.
Genade en Vrede vir jou. David