Tema: Vrymoedigheid.
Goeie dag.
Koning Hiskía het n reguit pad met die Here gestap, daarvan getuig die Woord:
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here net soos sy vader Dawid gedoen het. II KONINGS 18:3 AFR53
In die dae met die drama met die koning van Assirië het Hiskía terminaal siek geword. Die profeet Jesaja bevestig aan hom dat hy gaan sterwe. Maar Hiskía het die Here se krag en genade kant geken. Daarom het hy met vrymoedigheid tot die Here geroep.
Ag, Here, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ‘n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween. II KONINGS 20:3 AFR53
Ons ken die verhaal dat die Here Hiskía nog vyftien jaar gespaar het. Dit het gepaard gegaan met n astronomiese wonderwerk waar die son tien grade terug geskuif het. Hiskía het vrymoedigheid teenoor die Here gehad omdat sy hart hom nie veroordeel het nie. Die Here openbaar Homself aan die mens ooreenkomstig die persoon se hart.
By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd. PSALMS 18:26-27 AFR53
Elke mens ken sy eie hart en die Here sal homself openbaar diens ooreenkomstig. Deur Christus kan ons met vrymoedigheid na die troon van genade gaan.
Genade en Vrede vir jou. David