Tema: Vuur.
Goeie dag.
Dit is algemene dat wanneer mense praat van die uitstorting vd Heilige Gees hul klem lê op die praat van tale. Wat egter eerste gebeur het is die vuurtonge wat op die dissipels neergedaal het.
HANDELINGE 2:3 AFR53
[3] Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.
Vuur is n simbool van God.
HEBREËRS 12:29 AFR53
[29] Want onse God is ‘n verterende vuur.
(DEUTERONÓMIUM 4:24)
Wanneer ons in gebed en aanbidding tot die troon van God nader, kom ons nader aan Sy vuur (Open 4; sewe Geeste van God wat soos fakkels brand). Sy vuur onderhou ons vuur wat ons ontvang het met die doping in die Heilige Gees.
Hoe meer die Woord in jou is en jy in gebed is hoe groter raak die vuur binne jou. Jesus konfronteer die duiwel met die Woord: Dáár staan geskrywe….. Onthou Hy was besig met vasting en gebed in die woestyn. Dus afgesonder en vol vuur. Wanneer ons vol vuur is, ons gevul met die HG en dus n bedreiging vir die bose. Dan sal jy aanslae beleef.
As jy lou is, is die bose tevrede met jou toestand en sus jou in n toestand van slaap in. Hy weet God gaan jou uitspoeg en jy sal in jou slaap die verderf beërwe. Kom ons bid sodat ons vol vuur die bose kan weerstaan.
Genade en Vrede vir jou. David