Tema : Getrou
Goeie dag.
Een feit wat uit staan in die Gaza oorlog is die Here se getrouheid. Oral op YouTube is getuienisse van soldate wie se lewens deur wonderwerke gespaar word. Hoe die Here hul deur bo-natuurlike ingrype bewaar. Dit is nie vreemd nie want ons het die belofte:
PSALMS 50:15 AFR53
[15] en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
Hierdie belofte geld in alle omstandighede, in oorloë, verdrukking, siekte en waaraan n mens ook kan dink. Selfs met die steniging van Stefanus was die Here met hom en het hy die hemele geopende gesien.
HANDELINGE 7:56 AFR53
[56] En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.
HANDELINGE 7:59 AFR53
[59] En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
Selfs in ‘n mens se ergste omstandighede is die Here met hom. God het altyd ‘n beter vooruitsig as wat n mens kan dink. Ons sien die omstandighede rondom ons, maar mag die Here ons geestes oë oopmaak om Sy voorsiening te sien.
N geestelike visie is vandag nodig om toegewyd vooruit te beur. Die vermoë om verby die nou omstandighede te kyk. Om soos n Abraham in die toekoms in te kyk en ‘n stad te verwag, waarvan God die bouer is. Dit is waarvoor ons leef, nie hierdie tydelik nie. God sorg vir die mossie, Hy sal vir elke kind van Hom sorg. Kom ons verheug ons en verwag dit wat beter is. Hy bly Getrou en sal jou gebede Antwoord.
Genade en Vrede vir jou. David.