Tema : Ontbyt
Goeie dag
As daar een ding wat n kind van die Here nodig het soos suurstof, is dit gebed. Daaglikse gebed is on-ontbeerlik, mens kan nie daar sonder nie. Die bose sal alles in sy vermoë doen om jou daaglikse gebed te verhinder.
Wanneer jy gaan bid kan jy gerus jou pen en dag boek saam neem, want jy sal skielik in detail alles onthou wat jy moet doen . Skryf dit neer en gaan aan met jou gebed, so help die bose jou. Dit is ook wanneer jou foon lui of jy honger word of n nood kry.
Moenie dat sulke gebeure jou seën steel nie. Gaan tel getrou jou daaglikse manna op wat die Here vir jou voorsien het. Dan sal jy sterk en gesond wees vir die dag se take. Koning David stel sy daaglikse gewoonte so mooi.
PSALMS 57:9 AFR53
[9] Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!
Ook Ps108:3.
PSALMS 88:14 AFR53
[14] Maar ék, Here, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.
Gebed en Woord in die môre is soos n geestelike ontbyt, smaaklik en noodsaaklik. Ek vind n dag wat so begin is net meer produktief en in beheer as dae wat nie so begin is nie. Die voordeel daarin, is baie meer as die slaap wat jy in kry. Dit wat jy uit die Woord lees bly dan soms heeldag in jou gedagtes om te oordink.
Uit die evangelie sien ons dat Jesus ook vroeg dag al beweeg het. Dit is wys om anders sukses gewoontes na te volg, want dit werk. Gewoonlik is dit slegs gemak wat ons weghou van die seën van vroeë more gebed.
Genade en Vrede vir jou
David