Tema: Skuil
Goeie dag.
Die alom bekende Ps 91 se inleiding is:
PSALMS 91:1 AFR53
[1] Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
In n wêreld wat huiwer op die rand van chaos, is dit die beste en wyse raad vir elke mens. N mens skuil nie weg in mooi weer omstandighede nie maar net in storms. As die wind, reen, weerlig en storm om jou woed kan jy nie oorleef sonder n skuiling nie. Dan is dit tyd vir kop laag hou en die storm uit wag, want dit gaan altyd verby.
Alle swaar tye het n fisiese, geestelike en geestes(emosionele) komponent. Die menslike liggaam kan baie ontbeurings vat maar die geestes dimensie is baie broos. Dit is veral daar waar die mens hulp nodig het. Ons kan weereens na Daniel kyk en ook na die ander profete hoe God hul gedurig deur versterk het in hul gees, sodat hul kan oorleef. Die voorbeeld wat hul stel illustreer presies die Skrif gedeelte in JESAJA :
JESAJA 40:31 AFR53
[31] maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
In gebed tel die Here n mens op bo sy omstandighede. Die omstandighede verander nie noodwendig nie maar die gees rys uit, soos die Woord dit digterlik stel, met vleuels van n arend.
Hoekom styg ons nie almal op uit ons omstandighede met vleuels soos n arend nie? Net omdat die bose alles in sy vermoë sal doen om ons biddeloos te kry. Meer gebed, meer lewende HG water van God in jou lewe, meer positief, meer kragtig, meer produktief meer nuttig, n lewe van oormaat.
JOHANNES 10:10 AFR53
[10] Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Skuil by God sodat jy in oorvloed lewe.
Genade en Vrede vir jou. David