Tema: Dankie
Goeie dag.
MATTHÉÜS 2:11 AFR53
[11] En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle, hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.
Een van die Nuwe Testamentiese fees dae is Kersfees. Hul wat die Gregoriaanse kalender volg gebruik 25 Desember, en hul wat Juliaanse kalender volg se datum is 7 Januarie. Dit is n dag van hoop, wat die vervulling is van baie profesieë. Iemand het die getal 300 genoem. Die aangehaalde Skrif gedeelte is die verhaal van die Wyse Manne uit die Ooste, maar ook van die hemele, wat met ster tekens die jeuglike dag vier.
Hierdie manne het met baie moeite en deur groot gevare vêr gereis in die klassieke wêreld. Dit was nie n Sondag middag uitstappie nie, maar waarskynlik n reis van baie maande met kamele. Wat uit staan in die verhaal is, dat hul eerste aksie die van aanbidding was. Hul het neergeval en hulde bewys, in moderne taal, neergeval en aanbid. Eers daarna het hul uiters waardevolle geskenke gegee.
Ons gaan nou hierdie Kerstyd in, by my kom die vraag op wat beteken dit, is daar nog n agting en erkenning van die wonderwerk. Bring dit nog n onuitspreeklike blydskap in die hart op om Hom te ken. Ongelukkig is Sy koms en die viering daarvan vir baie n bron van aanstoot. Die regte gesindheid is seker die van die wyse manne. Hul het geen moeite ontsien om voor Hom te kan neerval in aanbidding nie.
Dankie Jesus dat U bereid was om vir my aarde toe te kom.
FILIPPENSE 2:6-8 AFR53
[6] Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, [7] maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; [8] en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
Genade en Vrede vir jou. David