Tema: Barometer
Goeie dag.
Gebeds kwaliteit is dikwels n barometer van die mens se geestelike welstand. Wanneer dit te goed gaan is daar n neiging om die gebeds lewe te verwaardeloos. Die spreuk nood leer bid, kom uit lewens lesse, dit is wanneer daar gewoonlik gebid word. In n funksioneel gesin is daar n oopheid waar ongedwonge gesprek voering die heeltyd plaasvind.
In ons verhouding met Christus moet dieselfde norm dus ook geld. Nie net gebed tye van swaarkry nie, dan is daar nie n verhouding nie, maar is dit net n geval van krisus bestuur. Gebed word veral verwaardeloos in die feestye. Nie noodwendig omdat daar onwilligheid is nie maar omdat soveel mense en dinge aandring op jou tyd.
In hierdie donker tye in die wêreld is dit noodsaaklik om te besef dat jou Heil in Christus is. In Sy trou sal Hy jou staande hou, solank jy Hom nie die rug toekeer nie. Dikwels moet die Here jou handbriek op trek sodat jy van Hom afhanklik en in die regte gesindheid bly. Paulus getuig daarvan:
II KORINTHIËRS 12:7 AFR53
[7] En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.
Wat dit ook al was, dit het Paulus aan die voete van die Here gehou, todat hy sy lewens taak voltooi het. Al is ons deel van n gesin, Christus is en bly die hoogste prioriteit, maar dit gee niemand die reg om die gesin te verwaardeloos nie. Dit bly die taak van jou aardse lewe.
Die gesin plaas n groot druk op die ouers deur dat hul, vir elkeen in die gesin moet intree en begelei. Veral in feestye behoort gelowiges met gebed n laer rondom hul gesinne trek. Mag elkeen se gebeds lewe n vreugde volle vrug dra.
Genade en Vrede vir jou. David