Tema : Drie voudig
Goeie dag.
Die viering van Christus se geboorte is n drievoudige fees. Ons vier; Sy geboorte, die einde van die Ou Testamentiese verbond, en die begin van die Nuwe Testamentiese verbond.
Die OT was alhoewel dit glorieryk was, kragteloos, as Saligheids plan vir beide Jode en heidene. In die OT leer ons God ken in Sy almag, openbaring, Genade, geregtigheid en vele ander aspekte. Tog staan geskrywe:
ROMEINE 8:3 AFR53
[3] Want God het — wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees — deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,
Daarom het Jesus gekom om die wet namens ons te vervul. Deur geloof in Jesus se oorwinning, leef ons in oorwinning oor die wet.
ROMEINE 8:2 AFR53
[2] Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
[4] sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Met die viering van Chritus se geboorte vier ons die inwerking stelling van God se voorlaaste fase van die Saligheids plan. Die fases is Adam, sondeval, Abraham, Ou Testament, Nuwe Testament, wederkoms, Nuwe Hemel en aarde.
Dit kan in meer detail afgebreek word, maar dit is die strekking daarvan.
In die OT was dit kooperatiewe aanbidding en priesterlike offers. In die NT het ons persoonlike aanbidding en persoonlike offers. Offers soos jouself, gebed, aan bidding, lofprysinge, heiligheid ens. Gelowiges onderhou nie die feestye van die OT nie, maar gebruik voordurend die nagmaal ter herrinering van Christus se dood. Daardeur vier ons gereeld die drievoudige glorieryke gebeure. Mag hierdie feestyd vir jou besondere geleentheid van dankbaarheid en aanbidding wees.
Genade en Vrede vir jou David