Tema : Sabbat
Goeie dag.
Die Ou Testament is deur trek met simboliese insidente, wat gedui het op gebeure wat in die Nuwe Testament sou plaasvind. Dit staan bekend as tipes. Almal is bekend met Abraham wat vir Isak moes offer wat tipe was van God die Vader wat Jesus as Lam gestuur het. So is daar ander soos die slang in die woestyn, wat Moses van die volk op gerig het, die priesterlike offerhandes, die sondebok, ongesuurde brode, ens.
Een van die tipes wat ek gemis het is dié van die Sabbat. Ons lees in JESAJA
JESAJA 56:6-7 AFR53
[6] En die uitlanders wat hulle by die Here aangesluit het,…….. elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond, [7] hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke.
In hierdie hoofstuk word van hulle ingesluit, wat nie in die OT tempel mag gekom het nie. Alle volke word ingesluit. Opmerksaam is dat die belofte van n huis van gebed is, vir almal wat Hom aangeneem het. Voordurende gebed deur die volk van God is kenmerkend van die NT.
Hierdie profesieë is vervul met die werk van Christus. Hulle wat deur Sy kruis dood met God versoening is kan in Sabbatsrus ingaan.
HEBREËRS 4:9-10 AFR53
[9] Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; [10] want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
Wanneer ons in Christus is, is dit deur genade. Dit is nie uit verdienste nie, nie uit eie poging of werke nie. Hy verlos ons van ons sonde, Hy het die dood vir ons sonde gesterf, Hy doop met die Heilige Gees…. Ons hele lewe word in Hom vervul. Gelowiges kan die Sabbatsrus beleef in die bonatuurlike vrede wat Christus gee. Hierdie is n groot onderwerp wat met n paar woorde uit gewys is. Mediteer daaroor.
Genade en Vrede vir jou. David