Tema : Genesing
Goeie dag.
Een van die groot voordeel wat Jesus se werk op aarde vermag het, is op die gebied van gesondheid. Dit is n voorreg waaraan die mens baie selfde dink. JESAJA kondig met n profesie die nuwe bedoeling aan wat Jesus gaan bring.
JESAJA 53:5 AFR53
[5] Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Jesus sluit genesing spesifieke in, met die uitstuur van Sy dissipels:
MATTHÉÜS 10:8 AFR53
[8] Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
Daar is duidelik vier aspekte, wat n direkte rol het in die mens se liggaamlike en geestelike welstand. In vandag se gemeenskappe waar meer Finansiële welstand en mediese kennis is, word hoofsaaklik staat gemaak op geneeshere as bron van primere gesondheid sorg. Die groot vooruitgang in die mediese veld het in die laaste ongeveerd 150 jaar gekom.
Deur al die 19 vorige eeue was dit hoofsaaklik gebed wat die mens kon genees. Vandag is daar steeds fundamentele gelowiges wat steun op gebed vir gesondheid. Die mediese wonderkuur is ook van God en bied n vinniger maklike alternative.
Dank die Here vir dokter, tandarste, medikasie ens. Maar dit is steeds God wat gesondheid gee op elke manier ook al. In hierdie besondere tyd van die jaar hoort ons daagliks die Here te loof met gebed en toewyding vir hierdie spesifieke genade. Ons behoort Jesus te dank omdat Sy wonde vir ons genesing gebring het. Dat Hy ons krankhede op Hom neem, ook vandag nog. Wanneer ons siek is of nie wel voel nie, kan ons staan op die Woord, soos dit geskrywe staan in Jes 53. Mediteer dit tydens sulke tye.
Genade en Vrede vir jou. David