Tema : Siklusse
Goeie dag.
GÉNESIS 41:29-30 AFR53
[29] Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Egipteland; [30] maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hongersnood sal die land verteer.
In hierdie onvolmaakte lewe is siklusse tussen goed en sleg, normaal. Almal ken die gebeurtenis wat in Egipte plaasgevind het. As die Here Egipte wou vernietig sou Hy nie die ramp wat gekom het geopenbaar het nie . Weereens bewys die Here sy ontferming oor die mens. God kon seersekerlik die droogte verhou het maar, het dit gebruik om Sy almag aan die mens te openbaar.
In elke mens se lewe is daar ook tye van oorvloed en gebrek. Daar is niks wat nie seisoenaal is nie, gesondheid, finansies , verhoudings, ens.
Die beginsel wat die Here in Genesis uitbring is dat goeie tye gebruik moet word om voorsiening te maak vir moeilike tye. Ons is bekend met pensioen fondse, versekering, belegings en diesmeer vir welvaard gemoedrus .
Die vraag is: watter sinvolle stappe jy moet neem om jou redding te beskerm. Hierdie is n geweldige groot onderwerp wat nie in kort bespreek kan word nie. Dieselfde beginsel van Finansiële beplanning geld ook hier. Dit is dat jy dit nie op jou eie kan doen nie, dit is te kompleks met te veel veranderlikes.
Jesus stel die volgende woorde aan sy direkte dissipels in Joh 16:
JOHANNES 16:7 AFR53
[7] Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
[13] Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
Die eerste stap is dus om te verseker dat jy die Heilige Gees inwonend het. Dit kom deur gebed.
Genade en Vrede vir jou. David