Tema : Ware nood
Goeie dag.
Dikwels wanneer ‘n mens die onderstaande Skrif lees, is die gedagtes by aard gebonde materieele dinge. Nie dat dit nie belangrik is nie, maar daar is n groter nood waaraan weinig gedink word.
FILIPPENSE 4:6-7 AFR53
[6] Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. [7] En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Die frase: ‘ harte en sinne bewaar’ dui duidelik op die abstrakte. Jou denke, gemoed, oortuigings, gees en dies meer. My vraag is of hierdie gedeelte nie meer dui op die gebed in Ps 119,as op die materieele nie:
PSALMS 119:145-149 AFR53
[145] Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o Here! Ek wil u insettinge bewaar. [146] Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou. [147] Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek. [148] My oë is die nagwake voor om u woord te oordink. [149] Hoor my stem na u goedertierenheid; o Here, maak my lewend volgens u verordeninge.
Wat n opregte gebed van afhanklikheid en belydenis van die mens se onvermoë. Dit is met uitnemende onverbeterlike taal gebruik geskilder wat grens aan n profesie van HG.
Vers 145: roep met intensiteit na die Here uit n begeerte om Sy insettinge te kan onderhou.
Vers 146: Verlos my en maak my vry van my bindinge, beperkings, lasted, vals oortuigings, ens
Vers 147, dou voordat, voor die more skemeringe smak ek al na U.
Vers 148 :Ek slaap nie in die nag nie on U woord te oordink.
Vers149: Wees my genadig en gee vir my lewe volgens U denke.
Vir my is hierdie n besondere openbaring en template van gebed. Mag jy ook so seën daar uit kry soo ek.
Genade en Vrede vir jou. David