Tema: Eer
Goeie dag.
Esegiel het die gerubs en heerlikheid van God aanskou. So ook Daniel en Moses. So n ondervinding verander n mens se perspektief. Dit bring die besef van jou totale nietigheid en God se onmeentlike groot genade om met die mens te deel.
Elke mens wat die Here werklik ontmoet het is on-omkeerbaar verander. Dit bring n finaliteit wat nooit weer verander kan word nie. Hierdie genade kan net een keer na die mens kom. Christus het vir die mens gesterf, as die mens Hom verwerp is daar nie n ander verlossing nie. Hierdie wete en kennis bring vrese vir God in die mens se lewe. Die skrywer van Ps 119 het so n ondervinding gehad. Let daarop hoe hy in ootmoet en respek tot die Here bid:
PSALMS 119:169-172 AFR53
[169] o Here, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord. [170] Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte. [171] My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge. [172] My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.
PSALMS 119:175 AFR53
[175] Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.
Daar is geen swerm van aanmatigheid of selfstandigheid te bespeur in die gebed nie. Hy is nie vermetel om van die Here enige iets te eis, soos by sommige deesdae die gewoonte is nie. Daar word nie gevra vir rykdom of enige aardse voordeel nie. Die skrywer vra pertinent vir kwaliteite wat dit moontlik maak on die Here te behaag. Sy strewe is dat sy lewe tot eer van die Here sal wees. Dat sy lewe n verëering van die Here sal wees. Dit is so belangrik dat n mens nugter na jou eie gebede sal luister.
So byvoorbeeld is n tafel gebed veronderstel om n dank gebed te wees. Maar luister hoeveel keer is dit net n opdrag sessie aan die Here. Word die Here beveel om te sëen en te bedien. N gewild gebed was: Seën Vader spys en drank. Amen.
Geen dankbaarheid net opdrag. Ek vra jou; het die mens verleer om die Here te eerbiedig?
Genade en Vrede vir jou. David