Tema : leer van My
Goeie dag.
MATTHÉÜS 11:29-30 AFR53
[29] Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; [30] want my juk is sag en my las is lig.
Die mees moeilikeste ding in die lewe is om n positiewe waarde verandering te ondergaan. Om jou eie oortuiging prys te gee en n nuwe waarde jou eie maatstaf te maak. Die gewild uitdrukking daarvoor is dat n persoon n sterk persoonlikheid het om koppigheid aan te dui.
Net n gebroke persoon is gewoonlik bereid om te aanvaar dat hul eie planne, nie gewerk en daar moet iets beter wees wat werk. Die dissipels het hul tekortkoming besef en Jesus gevra om hul te leer bid.
Paulus spandeer ook baie tyd om gelowiges in te lig oor hoe om te bid. Dwarsdeur die Woord voorbeelde van effektiewe gebed. Hoekom sukkel gelowiges so om te bid dat daar positiewe resultate is.
My mening is dat daar eenvoudig net weg geskram word van dit wat geleer word in die Woord oor gebed. Daarmee sê ek nie dat daar net een regte manier van gebed is nie. Elke persoon het n unieke manier van gesels met God. Die vraag is net of jou manier vir God aanvaarbaar is al dan nie. Daar is defnitief gebede wat nooit deur God oorweeg word nie.
Jakobus 4:3 DB
[3] Hoekom vra julle nie ’n slag opreg vir God nie? Julle sê dalk: “Ja, ons bid tog, maar God gee nie vir ons wat ons vra nie.” Daar is ’n goeie rede voor: julle motiewe is verkeerd. Julle vra die goed van God sodat julle dit soos stout kinders net vir julleself kan hê. Dit gaan net om julleself en om niemand anders nie.
Ek vind hierdie verduideliking in Die Boodskap die duidelikste, op die man af. Die waarskynlikste rede vir gebrek aan groei in n mens se geestelike lewe is gebrek aan gebed. Sonder gebed kan jy nie leer uit die Woord nie. Asook onder gebed het jy nie krag om jou van sonde te bekeer nie. Daarom sonder kragtige gebed is mens nie standvastig nie maar n pushover vir die bose. Ook sonder gebed kan jy nie n kragtige getuie wees nie. Sonder gebed is daar nie lewende water in jou binneste nie. Ek durf sê gebed is die barometer van jou verhouding met die Here. Leer sy weë!! .
Genade en Vrede vir jou. David