Tema : Lied in jou hart
Goeie dag.
Dikwels dink ongelowiges dat kinders van die Here se lewe vaal, vervelig en oninterresant is. Uit n menslike oogpunt is hul reg, want hul verstaan nie wat hul sien nie. Dit is soos wiskunde vir die meeste, omdat hul dit nie kan insien nie, kan hul nie die oor die wonder daarvan in ekstase raak nie. Koning Dawid het die Heilige Gees in sy lewe beleef. Daarom sy opgewondenheid in die Psalms (121 – 134?) waarin hy spreek van belewenis. Dit is Pelgrimsliedere, nie net van n fisiese pad nie, maar veral van n geestelike pad wat Hy saam met die Here gestap het.
PSALMS 122:1 AFR83
[1] ‘n Pelgrimslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.”
Die Psalms getuig van belewenis, wat die menslike begrip te bowe gaan. Dit spreek van n bo-menslike vreugde, belewenis en verwagting.
PSALMS 33:1-3 AFR83
[1] Jubel in die Here, regverdiges, sing ‘n loflied, opregtes! [2] Loof die Here met die lier, speel vir Hom op die harp! [3] Sing vir Hom ‘n nuwe lied, speel met volle oorgawe, jubel dit uit!
Ook Job getuig van hierdie vreugde:
JOB 8:21 AFR83
[21] Hy sal jou weer vreugde gee, jou van blydskap laat jubel.
Daar is n plek waar n mens die Here ontmoet wat die aardse en wêreld se aanloklikheid nul is.
PSALMS 24:3 AFR83
[3] Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan?
Ek het nog nooit gehoor van iemand wat n berg opklim en nie swaar kry nie, dit vat moeite. Netso kan gelowiges nie op die berg van die Here kom sonder afsondering en gebed nie. Dit is n gegewe.
Ons moet opklim na Hom toe, Hy het klaar neergedaal om ons die Evangelie, Nuwe Verbond te bring. Die Vader en Jesus is in die hemel, nie op aarde nie. Heilige Gees is op aarde, volgens die Woord. Hy praat met jou volgens die Woord, nie die Vader nie, nie Jesus nie. Met Heilige Gees in jou hart, is daar n lofliedere in jou hart.
Genade en Vrede vir jou. David