Opstanding
Goeie dag.
Die opstanding uit die dode was nie vir die dissipels en Maria iets vreemd nie. Hulle het Lazarus, Jairus se dogter en nog ander opstandingings, uit die dode persoonlik beleef (Joh 11, Mar 5 ). Hul het wonderwerke in Jesus se naam self gedoen. Tog tuimel hul wêreld tydelik ineen met die kruising van Jesus. Hul het nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode sou opstaan nie (Joh 20:9).
Die mens is dood in sy gees, agv die sondeval en gaan ook fisies sterwe, dus n dubbel dood. Hul moes Sy opstanding beleef om dit te kon glo. Vandag moet daar nog ‘n wonderwerk gebeur vir die mens, om te glo. God se koninkryk het naby gekom, so naby dat die mens kan ingaan.
LUKAS 10:10-11 AFR53
[10] Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê: [11] Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het.
God se koninkryk is vandag nog naby mense deur die gepredikte Woord van die Evangelie. Hierdie evangelie sal aan alle mense verkondig word voordat Christus weer kom. Die Evangelie bring die eerste opstanding in elke mens se lewe. Hierdie opstanding word in Joh 3 beskryf. Die weergeboorte waarin jou dooie gees herbore word. Daarsonder kan jy die koninkryk van God nie sien, of ingaan nie.
JOHANNES 3:5 AFR53
[5] Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Dit is nie asof ‘n mens so ‘n geboorte kan ondergaan en nie bewus is daarvan nie. As daar na ‘n geboorte nie asemhaling is nie is dit ‘n dood geboorte. Uit die gelykenis van die saaier, is dit duidelik dat ‘n suksesvolle geboorte gepaard gaan met die dra van vrugte. Goeie vrugte is bewys daarvan dat Christus ook in ‘n persoon se lewe op gestaan het. Dat Hy leef deur die Heilige Gees in ‘n persoon se lewe. Kan ons nie maar bid vir waarheid in elkeen se lewe nie, dat niemand die slagoffer sal wees van ‘n vals hoop nie.
Genade en Vrede vir jou. David