Tema : Gebed struktuur
Goeie dag.
Elke mens het ‘n individuele manier van gebed. Soms word jy blootgestel aan alternatiewe wyses van gebed. Soms is dit kultuur vreemd, maar soms is dit ‘n kleinnood, kosbaar. ‘n Geruime tyd gelede, het ek afgekom op ‘n getuienis van ‘n persoon wat die ONSE VADER (Mat6 en Luk) vyfhonderd keer aan een gebid het. (Dit neem ongeveerd ‘n uur om dit honderd keer hardop te bid) Die persoon het getuig van die deurbrake wat in sy lewe gevolg het daarna.
Ek het dit persoonlik uit getoets (100 keer op ‘n keer ) vir ‘n periode. Inderdaad het ‘n groot sëen daar uit geput. Vandag, is die volmaakte gebed, die ONSE VADER, die fondament van my gebeds lewe. As jy gedink het dit maklik is, is jy in vir ‘n verrasing. Dit vereis inspanning en determineerdheid, dit is n worstelstryd soos in Efe 6 beskryf word. Wanneer jy dit bid bring die Heilige Gees ander sake en persone voor jou, wat n klein afwyking teweeg bring, maar dan vloei die basis gebed voort.
In praktyk beteken dit dat jy jou selfoon bêre waar jy dit nie kan hoor nie en op ‘n afgesonderde plek moet bid. Jy moet nie versteur word nie en totaal fokus. Kry ook vir jou vooraf ‘n tel meganisme, mens verloor telling. Dit is goed om die gebed in geskrewe vorm by jou te hê, want soms vergeet mens die woorde, tenspyte daarvan dat jy dit dalk al byvoorbeeld sestig keer herhaal het. Die duiwel haat dit as jy so bid, en sal jou aanval, dit is n gegewe. Maak maar vroegtydig vrede daarmee, en weerstaan hom todat hy wegvlug. Jy het mos die autoriteit in Christus daaroor. As u genoeg moed het om te probeer sal ek graag jou belewenis wou hoor:
MATTHÉÜS 6:9-13 AFR53
[9] Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; [10] laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; [11] gee ons vandag ons daaglikse brood; [12] en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; [13] en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Genade en Vrede vir jou. David