Tema : Geskenk
Goeie dag.
Ek heg ‘n besondere waarde aan ‘n hand gemaakte geskenk of enige iets wat emosionele verbinding het. Iets wat nie net met gemak gekoop is nie. Gebed is die beste geskenk wat enige mens kan ontvang. Vir die persoon wat bid mag dit klein wees, maar die Here kan wonders daarmee verrig. Petrus se gebed het ‘n persoon se hele lewe verander.
HANDELINGE 3:6 AFR53
[6] Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!
Die genesing was meer werd as silwer en goud, die man kon vir die eerste keer in sy lewe loop. Sy mens wees, siel, is herstel vanaf ‘n bedelaar tot ‘n aktiewe karakter.
Gebed bring genesing (Jak 5).
Gebed bring bevryding van binding en bied Goddelike beskerming:
LUKAS 10:18-19 AFR53
[18] Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. [19] Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
Gebed versterk mense:
LUKAS 22:31-32 AFR53
[31] EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. [32] Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
Gebede is soos wierook in die hemel:
OPENBARING 8:3-4 AFR53
[3] En ‘n ander engel het gekom en met ‘n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê; [4] en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.
Hierdie is maar ‘n paar voorbeelde van die krag van gebed. Die Woord verklaar:
JAKOBUS 5:16 AFR53
[16] Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
Elke gelowige besit hierdie kragtige wapen gebruik dit tot God se eer.
Genade en Vrede vir jou. David