Tema : Sleutel
Goeie dag.
Hier waar ons woon is beheerde toegang. Die hekke word met ‘n onsigbare sein beheer; Selfoon of elektroniese sleutel. As jy nie die sein kan stuur nie, kry jy nie toegang nie, al staan jy voor die hek. Die ontstellende waarheid is dat sommige gelowiges dieselfde gaan beleef, met die wederkoms van Jesus Christus. Jesus gee verskeie waarskuwings in die verband met die bekendste die gelykenis van die tien maagde.
MATTHÉÜS 25:3 AFR53
[3] En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
MATTHÉÜS 22:12 AFR53
[12] En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
Om ‘n goeie en opregte mens te wees is goed, maar dit is nie voldoende nie. Dit kan die oorsprong van ‘n ewige tragedie wees. Jesus sê woorde aan Nikodemus, in Joh 3 is, “jy moet weergebore word uit water en Gees.” Nikodemus was waarskynlik met die doop van Johannes gedoop, maar hy moes hom laat doop in die naam van Jesus. (Die simboliek van Jesus se dood). Hy het dus die skeldwoord wederdoper vir homself ge-ein, onbeskaamd. Hy is ook gedoop in die Heilige Gees en vuur. Daardeur het Nikodemus gesorg dat daar olie in sy lamp en ook spaar olie is. Elke gelowige moet die stem en teenwoordigheid van die Heilige Gees leer ken. Jimmy Swaggert het een keer gesê : Dáár is baie mooi musiek maar min musiek met n salwing (Deur vloei van HG se teenwoordigheid ).
Jesus maak die belofte dat as die mens God vra vir die Heilige Gees sal dit geskenk word.
Ons leef in die parralelle dae van Noag, die ark was ‘n getuie van die oordeel wat kom, en dit is geignoreer. God het Israel se nasionaliteit herstel teen alle waarskynlikheid. Dit is vandag se ark wat geignoreer word. Ek pleit by elkeen, ook myself, maak seker dat jy gevul is met die Heilige Gees en vuur soos Hand 2. Heilige Gees is jou sleutel tot die hemel. Moenie kies om agter te bly nie.
Genade en Vrede vir jou. David