Tema : Intersessie
Goeie dag.
LUKAS 22:31-32 AFR53
[31] EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. [32] Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
Daar kom tye in die mens se lewe dat sulke slegte dinge met ‘n mens gebeur dat jy dit nie sonder hulp kan verwerk nie. Dood van geliefdes, werk verloor, droogtes, siekte ens. Dit is dan normaal om te vra: Here waar was U. Dit is sulke tye waar mense dikwels hul rug op die Here draai en hul geloof ophou. As die trauma jou oorweldig kan jy nie self opstaan nie en is hulp nodig. Dit is sulke tye waar ander jou moet optel. In die samelewing is ‘n neiging om geisoleerd te raak, die gevolg is ‘n gebrek aan ondersteuning netwerke. Sien ons nie dikwels verbitterde mense en mense met sielswonde, wat nooit ondersteun is in hul uur van nood nie. Gewoonlik is diesulkes nie die aangenaamste mense nie.
Jesus het waarskynlik nie net vir Petrus gebid nie, maar was voordurend daar vir hom. Na hierdie insidente het Petrus Jesus verloën. Selfs dit kon hom nie skei van Jesus se liefde nie, na berou het hy voorgegaan as apostel. Die Woord is vol voorbeelde van noue vriendskappe waarin mense mekaar ondersteun het. Dawid en Jonathan, Paulus en Timotius, Abraham en Lot…
Wat merkwaardige is in die geval is dat Petrus se geloof in Christus nie opgehou het, tenspyte daarvan dat hy Hom verloon het nie. Dikwels verloor mens jou vrymoedigheid tot gebed, veral as jy gesondig of gestruikel het. As mens moet jy sewentig maal sewe vergewe, hoeveel te meer vergewe Hy jou. Hy het medelye met jou vleeslike natuur en kwesbaarheid. Hy is bekend met elke versoeking. Petrus se gemoed was baie broos na die voorval (bitterlik geween). Waarskynlik was hy oorweldig met skuld gevoel en self minagting. Dit is sulke tye waarin mense net die geloof kan behou deur Intersessie. Gebede, ondersteuning, aanvaarding, liefde ens derglike praktiese betrokenheid. Dra mekaar se laste.
Genade en Vrede vir jou. David