Tema : Oorwinning
Goeie dag.
Ons leef in ‘n tyd van vinnig veranderinge en vervulling van profesieë. Dit bring onwillekeurig angs en onsekerheid mee. By sommige toon dit as angs aanvalle, ander slapeloosheid, ander kommer, ander in isolasie. Ook in sommige as positiewe inspirasie tot toegewydheid in hul geloof.
Die bepalende faktor van hoe ‘n persoon dit gaan belee,f is sy fokus, in ander woorde wat vir hom of haar belangrik is. Petrus kon op die water loop in geloof solank hy sy oë gehou het op Jesus.
MATTHÉÜS 14:29-30 AFR53
[29] En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. [30] Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
Toe Petrus begin beur teen die wind, was sy fokus die wind en nie meer Jesus nie. In hierdie tye moet ons oë steeds bly op Jesus en nie ons omstandighede nie. Die doel van die profesieë is om jou in te lig van wat gaan kom. sodat dit nie ‘n verrasing sal wees en jou fokus van Christus af te haal nie. Die vervulling daarvan moet blydskap in jou hart bring en nie angs nie:
LUKAS 21:26, 28 AFR53
[26] en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
[28] En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
Die kontras, dit wat die wêreld gaan beleef, en hulle wat n wederkoms verwagting het is duidelik uit die twee verse. Angs en pyn teenoor hoofde wat opgehef is in positiewe verwagting. Die effek wat die lewe op jou het, weet net jy, dit is siels belewenis, ‘n geheim vir ander. Dit is maklik om ‘n goeie front op te sit, maar die Here ken jou hart. Hoeveel ons ook al bid, die omstandighede gaan nie verbeter en verander nie, want dit is die tyd van vervulling. In hierdie tyd lê die oorwinning daarin, om oor te gee aan God se beheer. Net deur gebed ‘n volle oorgawe van jou lewe aan God gemaak word.
Genade en Vrede vir jou. David