Tema : Moeg
Goeie dag.
LUKAS 18:17 AFR53
[17] Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
Hoe besonder geseend is ‘n mens nie, as jy sonder om vra te vra die Evangelie boodskap kan aanvaar. As jong mens was dit vir my ‘n intense stryd om te aanvaar dat Jesus Sy lewe afgelê het, ook terwille van my. As jy te veel dink oor sake, raak jou lewe so kompleks dat dit oorweldigend is. Daar is vrede daarin om jou lewe en omstandighede te aanvaar, en nie daar teen te veg nie. Deur te kwel sal jy niks positief vermag nie. Jesus se woorde:
LUKAS 12:25-26 AFR53
[25] En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? [26] As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?
Die konteks van die Skrif is oor daaglikse fisiese behoeftes, maar Paulus berei uit na die area van geestelike bestaan:
KOLOSSENSE 2:20-21 AFR53
[20] As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge [21] soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —
Hierdie is nie strydig met die Skrif:
LUKAS 13:24 AFR53
[24] Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.
Die grootste probleem is dat die mens self sy redding onwillekeurig wil verdien. Eie heiligheid, eie krag, eie insig, eie gesondheid, eie voorsiening ens. Dit is ‘n gespook wat die mens moeg, desperaat en tam maak.
Daar is soveel Skrifte wat die oplossing gee:
SAGARÍA 4:6 AFR53
[6] Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.
JESAJA 40:31 AFR53
[31] maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
Oorleweing hang daarvan af, of jy op die regte plek ‘n oplossing soek. Daar is net een plek wat jou in staat stel om te oorleef; dit is op jou kniee in gebed. Slegs deur Sy krag kan ons as oorwinaars leef.
Genade en Vrede vir jou. David