Tema : Vra
Goeie dag.
Dit is bitter moeilik om iets te vra van iemand, onmoontlik van ‘n onbekende persoon. Om te vra beteken, dat daar ‘n behoefte is wat jy nie self kan voorsien nie. Dit maak jou kwesbaar, deur dat jy afgejak kan word. Dit stel jou onvermoë bloot, wat ‘n verleentheid is. Mens wil so graag ‘n beeld van onafhanklikheid voor hou, daarom dra ons, maskers om ons ware self weg te steek.
Die mens is gemaak om in ‘n interafhanklike verhouding met ander te leef, dit impliseer kwesbaarheid. Hoe beter mens hierdie verhouding bestuur, hoe gelukkige is hul.
Om die Here te ken vereis openhartigheid en kwesbaarheid. Eerstens moet die mens sy trots neerlê en voor die Here buig. Dan moet die mens sy onvermoë erken om homself te red, en om genade smeek. Die mens moet na God gaan, dit gebeur nie anders om nie.
MATTHÉÜS 11:28-29 AFR53
[28] Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. [29] Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
Dit is meer as net na Hom toe gaan. Dit is ook om onderdanigheid te word aan Hom, en ‘n juk van Hom te ontvang, hoe sag ook al. Die hele godsdiens bestaan uit vra. Vra vir redding, vra vir bevry ding, vra vir genesing, vra vir heiligmaking……
Daar is geen plek vir hoogmoed of selfstandigheid nie. Let wel dit is om van God te vra, en nie bedoel vra by mense nie. Gebed is ‘n erkenning van jou eie onvermoë, in alle opsigte en op alle gebiede. Selfs jou talente kom van die Here af, ons het niks om oor te roem nie. Inteendeel ons kan net roem in ons swakhede, want dan kan Hy sterk wees in ons lewens. Om kwesbaar wees en die Here te vra, is nie om ruggraatloos te wees nie. Dit is net om te besef ‘n mens kan deur ‘n groter krag as jouself leef. Om te God te ken in die krag van die opstanding.
FILIPPENSE 3:10 AFR53
[10] sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,
‘n Mens kan baie op sy eie verrig, deur God se krag kan die mens die onmoontlik verrig.
Genade en Vrede vir jou. David