Tema : Koppig
Goeie dag.
Die spreekwoord: Slim vang sy baas is manjefiek. Dit somop in so ‘n elegante manier, die mens se koppigheid en onoselheid. Daardie ingebore rebelsheid teenoor gesag, wat al weerspieel word op twee jarige ouderdom. Daar van daan die uitdrukking; terrible two’s.
Die Boek SPREUKE word gewy daaraan, hoe die mens, skranderheid kan verkry in ruil vir sotheid. Dit verduidelik wat ‘n wyse leef styl is, in kontras met ‘n selfvernietigende lewe. Die hoogte punt van ‘n wyse lewe word vervul met die navolging van die Nuwe Verbond. Die verbond waar Jesus Christus en dit wat Hy gedoen het die enigste fokus punt is. Alle leerstellings en aanbiddings vorme waarin Jesus Christus nie die fokus punt is nie, is misleiding, leerstellings van die duiwels. Jesus waarsku teen die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs (Mat 16:6) en dan verduidelik Hy in die volgende vers:
MATTHÉÜS 16:12 AFR53
[12] Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.
Na my mening gebruik Hy die illustrasie van brood, wat maar bitter min suurdeeg bevat relatief tot die brood se gewig, maar die brood se eetbaarheid bepaal.
Ek herhaal, enige vorm van godsdiens wat die fokus van Jesus afhaal is n vervloeking. Misleiding bring net ‘n ander fokus naas Jesus Christus. Dit kan onskuldig klink, soos liefde, volk, die natuur, gemeenskap, barmhartigheid, ens, wat elk edel is in eie reg, maar as dit nie Christus gesentreer is nie, is dit n dwaling. Dwaling bring vervloeking, want daardeur verwerp die mens die Seun van God.
JOHANNES 12:48 AFR53
[48] Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Paulus spreek die dwaling aan in Rom 1:
ROMEINE 1:22 AFR53
[22] Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword.
In koppigheid om aan DIE Evangelie van JC te onderwerp dra die mens die vloek en beërwe die hel.
Mag dit elkeen se gebed wees om JC se evangelie pressies, eksakt, na te volg.
Genade en Vrede vir jou. David.